Leer ken chrisman baard van nader

Hoe sou 'n mens chrisman baard se musiekstyl kon beskryf?

Op die poster vir 'n gig in die Tukkies Aula in 2004, is dit s genoem: akoestiese rock met 'n lirieke-skop. Nie 'n sleg beskrywing nie.  'n Meer resepperige beskrywing was al: vat 'n koppie Koos Kombuis en 'n handvol Lucas Maree, besprinkel met 'n lekseltjie Johnny Clegg en 'n druppel David Kramer, laat prut in 'n bottel Merlot, en die resultaat is chrisman baard.

chrismanbaard1

'n Paar vrae aan chrisman baard:

Wat is jou gunsteling musiek?

Blues, loshande. Ek luister na baie soorte musiek, maar die goed wat my maak lewe, is die blues, hard rock, heavy metal. Ek is seker die kitaar is die allerheiligste instrument, want dit maak die meeste musiek, en maak die meeste met musiek.

Wat was jou interessantste optrede?

Ek dink die een by Julian's, in Stellenbosch.  Dit was 'n onbeplande optrede.  Ek het sit en lees in 'n hoek, terwyl 'n tweemanskap besig was om ander mense se songs op te neuk op die verhogie.  Hulle laat my toe twee van my songs doen. Skielik wil almal met my praat.  Een ou lyk half ernstig of hy my wil bykom, oor sy musikant-girlfriend notes met my uitruil. Dop word nou vr my voorsien.  Die eienaar s as ek weer kom, moet ek voor die tyd laat weet, dan gee hy my 'n aand. 'n Besoekende sakeman uit Johannesburg bied my R100 000.00 aan, maar dan werk ek vir hom.  Maar ek's nie lus om my lewe, en ek vermoed ligweg vir daai aand ook my boude, aan hom te verkoop nie. As ek weer in die Kaap rond is, sal ek beslis weer daar wil optree.  Die eienaar was so nice gewees.

En jou aakligste show?

chrisman2a"Aaklig" is nou nie eintlik die woord nie, maar my show laasjaar in die Aula was nogal moeilik. Die saal was pikdonker, met 'n tight spotlight op my.  Ek kon nie eers die mense in die voorste ry sien nie. Ek hou meer van kleiner venues, waar jy goeie interaksie met die mense om jou kry.

 Op 'n ander keer, saam met die bnd Pretoria, het ons 'n oudisie gedoen by Port of Call op die Oosrand.  Ons het ses songs voorberei vir die oudisie, maar dit gaan toe so goed, hulle s ons moet ng sing, en nog en nog.  Op 'n manier was dit uitstekende terugvoer dat jou oudisie sommer 'n show word, en jy word daarvoor betaal ook. Ek hou daarvan om voor die tyd te weet presies wat die verwagtinge is, en dat almal dan daarby hou, dat ek 'n goed-voorbereide show kan doen. 

Jarre terug, in my beginjare, het ander onaardige goed my ook oorgekom, soos die keer by RAU toe ek aanhoudend die een kitaardruk in die chorus somehow uitlaat, of die keer op die Suidkus rens, toe ek 'n song se dm woorde vergeet het.  Maar 'n mens survive daai goed, en jy ontwikkel tricks om te keer dat dit nooit weer gebeur nie.  Ek is net jammer vir die mense in die gehoor wat daardeur moes leef!

Wie se musiek sing jy?

chrisman3Net my eie.  Ek staan baie sterk daarop. Selfs toe ek saam met die bnd Pretoria opgetree het, het ek uitgesit op die vocals as ons iemand anders se songs doen.  Dis dalk deel daarvan dat ons nie bymekaar kon bly nie.  Ek is wel besig met 'n klein vertalingsprojek, wat ek van die meer erotiese songs uit die 1970's en '80's in Afrikaans oorsit, maar dis iets heeltemaal anders as covers doen.

Toe ek 'n slag by Cool Runnings in Centurion gesing het, nog voor ek my mond oopmaak, skree die een ou hier reg voor: "Sing "Meisie-meisie'!" Dan's dit darem met lekker om in alle eerlikheid te s ek doen maar my eie ding, ek sing net my eie stuff.  Hel, ons moet darem verby dieselfde ou goedjies groei ook

Beskryf jou songs

Daar is 'n paar tradisionelerige love songs, maar selfs dan probeer ek meestal nders as die res wees.  Van my liefdessongs is erg eroties nie vir kiddies bedoel nie.  Baie van my ander songs is half ondermynend: ek kom die politiek en die gewoontes van ons dag by, op 'n mooi manier, met humor ook.  Maar as jy kom luister na my shows, moet jy darem 'n punch kan vat, want waarskynlik gaan jy vind dat een van my lirieke jou rens gaan slegs.

Dis nou te s, as jy na die woorde luister.  As jy net die wysie volg, sal jy fine wees. Maar die woorde kom vir my persoonlik eerste. Ek skaar my in di opsig by die Koos Dup-kinders soos Koos Kombuis, Lucas Maree, Piet Botha, Kristo Strauss en daai bende.

Wat is jou foute?

Ek sukkel om name te onthou. (Darem, as ek dit eers het, sit dit vir altyd in my kop.)  En ek vergeet verjaarsdae.  Ek raak verder ook so totally absorbed met waarmee ek ookal besig is, dat dit sukkel-sukkel gaan om my daar weg te kry.

Soek jy internasionale roem met jou musiek?

chrisman4Nee wat, my goed is bedoel vir die local mark. Iets soos "Sala kahle Afrika" sal seker aanklank kan vind op die res van die kontinent, en "Blackmail" in die Engelssprekende wreld.  Maar ek weet sulke breaks kom net met die uiterste, uiterste geluk.  Ek sal maar hier rond sing, meestal in Afrikaans, en 'n paar politici en sulke mense vies maak met my lirieke. 

Daar is iets lekkers in om so te wees, en om nie bekend te wees, veral vir 'n enkele song soos "Ou ryperd" of "Afrikaners is plesierig" of "Ek sal kan doen met 'n miljoen" nie.  Dan moetmoetmoet jy di song by elke liewe gig speel, tot kotsens toe.  As die song nog iets betekenisvols is, soos Kombuis se Afrikanervolkslied van die 1990's, "Almal wil 'n huisie by die see h", dan kan dit seker nog gaan.  Maar as dit iets totally senseless soos "Ska-rumba" is, want jy dan nog "Skrumba" moet uitspreek, en nie eers weet wat dit beteken nie

Op die oomblik is meeste van my goed ewe onbekend vir die bre massas dis nou behalwe by 'n paar die-hard fans.  En dis nice: ek kan vir elke show sing wat ek wil hoe ek wil. En mense se reaksie is dan redelik outentiek: die wat 'n vloekwoord en 'n suggestiewe frase en 'n politieke klap kan face, geniet my musiek. Die wat net wil Sarie Marais aand na aand, like nie my goed nie.  En dis moerse nice. Niemand voel hulle hoef te oeh en aah nie. Hulle kan elke keer self besluit hoe hulle daarop reageer. My musiek bereik dus die ore wat ek gehoop het dit sal, en dis vir hulle wat ek my ding doen.

Verder het ek ook genoeg eie songs om te sorg vir variasie; seker so by die 40.  Dis ook nice.

Waar sien jy jou musiek oor vyf jaar?

Een van twee plekke. f met, teen daai tyd, twee CD's uit en 'n gig of twee per week, f toegemaak en gebre in die kas, en dan sal ek al hoe meer letterkunde wil skryf. Loshande is my keuse eersgenoemde, maar my ander skryfwerk wil ek in ieder geval nie laat staan nie.

Het jy 'n motto of lewensleuse of so iets?

chrisman5Op my laptop lees my screensaver "Una vita non basta" een lewe is nie genoeg nie.  Ek bedoel dit nie as 'n godsdienstige stelling oor renkarnasie nie. Ek bedoel maar net: daar is soveel goed wat ek wil doen en plekke waarheen ek wil gaan, boeke wat ek wil lees en dinge wat ek wil skryf, ek weet net nie hoe ek deur dit alles in een leeftyd gaan kom nie.  En hoe moet 'n mens kies? Dis dan alles sooo flippen lekker!

Die interessante mense en die lekker kos en wyn en die mooi musiek en alles en almal waarvoor 'n mens so vrek baie omgee waar moet 'n mens tyd kry vir almal en alles?!  Min slaap bring 'n mens ook net so ver. En slaap self is ook dm nice.  Amper so nice soos die bykosse van slaap

Ten slotte, 'n laaste ietsie wat jy vir mense wil s?

Kom luister gerus na 'n show of twee van my. Ek tree meestal in die Pretoria-Centurion-Oosrand gebied op, maar elke nou en dan ry ek ver vir 'n gig. Kom luister en maak dan self jou mind op: di ou is 'n bogger, of, hey, hierdie ou tickle iets in my wakker. In beide gevalle, kom gesels na die tyd met my daaroor 'n mens se lewe maak allerhande interessante draaie deur sulke gesprekke.  Ek hou van mense wat 'n eie mening kan gee. Dit maak die lewe lekker.

line

© 2005 - 2007. Chrismanbaard. All rights reserved.

Designed by Equadoor
Webmaster